Akrotiri (prehistoriese stad)

Akrotiri
Uitgrawings by Akrotiri.
Uitgrawings by Akrotiri.
Land Vlag van Griekeland Griekeland
Soort Antiek, ruïnes
Streek Egeïese See
Geskiedenis
Tydperk Verlaat in 16de eeu v.C.
Kulture Sikladies
Uitgrawings Sedert 1967
Die beeldjie van 'n bok wat in 1999 ontdek is.
Lenteblomme en voëls.

Akrotiri (Grieks: Ακρωτήρι) is die terrein van 'n Sikladiese nedersetting uit die Bronstydperk op die vulkaniese eiland Santorini (Tera). Die naam kom van die nabygeleë dorp, Akrotiri.

Die nedersetting is iewers in die 16de eeu v.C.[1] in die uitbarsting van die berg Tera verwoes en in vulkaanas begrawe. Die oorblyfsels van die fresko's en baie ander kunswerke is deur die as bewaar. Uitgrawings word sedert 1967 by Akrotiri gedoen ná vroeë uitgrawings op Santorini.

  1. Pearson, Charlotte; Brewer, Peter; Brown, David; Heaton, Timothy; Hodgkins, Gregory; Jull, Timothy; Lange, Todd; Salzer, Matthew (2018). "Annual radiocarbon record indicates 16th century BCE date for the Thera eruption". Science Advances. 4 (8): eaar8241. Bibcode:2018SciA....4.8241P. doi:10.1126/sci-adv.aar8241. PMC 6093623. PMID 30116779.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search